Julie 2020
Foto: Unsplash

Saamgevat: Seisoen 1 van die Koronavirus

Die wêreld worstel met ’n pandemie wat historiese gevolge vir ons samelewing inhou. Skole is toegemaak, die ekonomie gesluit en ons mediese stelsel is basies op “Defcon vyf” geplaas. Die vraag moet nou egter gevra word, wat kan jy as Dee-Effer doen om ’n goeie wêreldburger te wees?

Eerstens moet jy ingelig wees - kennis is sekerheid en sekerheid bring moed. Dit is dus van kardinale belang om DF se video op Instagram oor die nuwe veiligheidsmaatsreëls te gaan besigtig. Verder is dit ‘n moet om die Wêreldgesondheidsorganisasie te volg. Hulle het briljante, insiggewende inhoud wat selfs soms in ’n verbasend komiese wyse aangebied word. Gaan volg hulle by @who op Instagram.

Talle mense sal egter argumenteer dat die grootste stryd in hierdie tye is om akademies by te bly. Jy moet eintlik nog meer kyk na jou geestelike gesondheid. Daar kom tye in jou lewe wat jy net ‘n bietjie motivering benodig of wil skaterlag. As jy nog nie weet van “Yes Theory” nie, is dit ‘n tragedie wat hierdie hele pandemie kompetisie gee, maar dit is nooit te laat om te begin nie. Hulle is die beste Youtubekanaal wat bestaan en hulle het ook ‘n Instagram-bladsy.

Gelukkig is daar uiteindelik ‘n lig aan die einde van die tonnel en die ekonomie is besig om stelselmatig weer besig om oop te maak. Talle lande se skole is ook besig om weer te heropen en Suid-Afrika is kort op hulle hakke.

In China word die kinders se temperature selfs soos hulle by die skool inloop, gemeet en in Denemarke, is daar minder kinders per klas ingedeel. Die doenbaarheid van die laasgenoemde is wel moeilik in DF, maar pouses word wel verdeel.

Ons lewe in uiters interessante tye en moet eintlik bly wees dinge is weer besig om te normaliseer. Volgende generasies gaan krities wees oor hoe ons hierdie pandemie hanteer en ons moet alles in ons vermoë doen om aan die goeie kant van geskiedenis te bly.

Die skrywer
Arnold Hattingh
Diegene wat by Juffrou Weisse klas het, sal hom ken as die een wat “Anthem for Doomed Youth” op haar dak geplak het… Verder is Arnold in graadelf en geniet dit om fiets te ry en klavier te speel. Hy is gaande oor fotografie en naas kodering is kleurvolle sokkies een van die dinge wat sy aardse bestaan vreugde verskaf.
Ander artikels