Julie 2020

'n Studie oor “onsekerheid”

Wat is die etimologiese herkoms van “onsekerheid”?

Wag, voordat jy, geagte leser, hierdie artikel afskryf as ‘n vervelige ongeluk, gee my twee sinne kans om jou mening te swaai. Op die kronkelpad van nuuskierigheid om te bepaal waar hierdie woord ontstaan het, lê daar talle juwele van geskiedenis en ‘n interessante storie.

Vir ons om die kanale van geskiedenis oop te trek, moet ons egter eers ‘n bietjie morfologie toepas. Om werklik die oorsprong van “onsekerheid” te bepaal, moet ons bepaal waarvandaan die kern, “seker”, afstam.

Ons storie begin by die bloeddorstige Romeinse Ryk en hulle missie om die Europese kontinent te domineer. Met die Romeinse Ryk se invloed wat oor die hele Europa gestrek het, is talle van hulle Latynse woorde in ander tale opgeneem. Ons aandag word egter gevestig op die Latynse woord, “secures”.

“Secures” het met eeue se stelselmatige verandering na “sikus” in Ou Nederlands en daarna na “zeker” in hedendaagse Nederlands, verander. Geagte leser, jy mag dalk nou vra: hoe op aarde ‘n Europese taal aan die suiderpunt van Afrika beland het? Die antwoord - soos baie geskiedkundige vrae - is IMPERIALISME.

Ná Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, het Nederlands mettertyd in Afrikaans soos ons dit vandag ken, verander, maar dit is nie altyd duidelik hoe dit gebeur het nie. Talle klanke is vereenvoudig soos “ch” wat ‘n “g” geword het en “ij” wat bloot ‘n “y” geword het. Die z-klank in “zeker” het met vereenvoudiging en dekades se tyd verander na ‘n s-klank, soos ons vind in, ja jy het reg geraai, “seker”.

Die skoonheid van taal is sy vermoë om van klein boublokkies, duisende woorde te skep en dit is gevolglik hoe ons “seker” in ‘n negatiewe kan verander met die voorvoegsel, “on-” en dan vorm ons ‘n abstrakte selfstandige naamwoord van die byvoeglike naamwoord, deur die agtervoegsel, “-heid” by te voeg. Kan jy dit nou raai? Net soos dit, kan ons met millennia se verandering van “secures” in Latyn, na “seker” in Afrikaans. ‘n Afleiding word dan bloot gevorm om “onsekerheid” te kry.

Geagte leser, as jy steeds volg, wil ek u bedank. Etimologie is ‘n wit olifant wat die meeste mense te bang is om aan te raak. As jy egter werklik ondersoek doen, is daar ‘n fassinerende storie wat agter elke woord lê...

Die skrywer
Arnold Hattingh
Diegene wat by Juffrou Weisse klas het, sal hom ken as die een wat “Anthem for Doomed Youth” op haar dak geplak het… Verder is Arnold in graadelf en geniet dit om fiets te ry en klavier te speel. Hy is gaande oor fotografie en naas kodering is kleurvolle sokkies een van die dinge wat sy aardse bestaan vreugde verskaf.
Ander artikels